Hoërskool Monument het in die doodsnikke vir Hoërskool Dr EG Jansen met 38-34 die loef afgesteek in 11 September se kragmeting in Boksburg.
EG Jansen het teen rustyd ’n voorsprong van 21-19 geniet.
Dit was as’t ware ’n wipplankstryd en Monnas se flank, Ewan Retief, het die wendrie gedruk, met Jansies wat op daardie stadium 34-31 voorgeloop het.
EG Jansen se puntemakers: Xander Marais (twee drieë), Louis de Bruyn (drie), Ryno van Aswegen (drie), Eben Hyman (drie), Kyle Benade (drie doelskoppe, strafskop).
Ander spanne se uitslae:
o-16: EG Jansen 15, Monument 19
o-15: EG Jansen 15, Monument 12
o-14: EG Jansen 10, Monument 17
Lees Ook: EG Jansen rugby coach left impressed following school clinic
Lees Ook: EG Jansen se tennispelers blink uit
You can read the full story on our App. Download it here.