School sportSport

Jansies verloor teen Monnas in doodsnikke

Dit was as’t ware ’n wipplankstryd en Monnas se flank, Ewan Retief, het die wendrie gedruk.

Hoërskool Monument het in die doodsnikke vir Hoërskool Dr EG Jansen met 38-34 die loef afgesteek in 11 September se kragmeting in Boksburg.
EG Jansen het teen rustyd ’n voorsprong van 21-19 geniet.

Dit was as’t ware ’n wipplankstryd en Monnas se flank, Ewan Retief, het die wendrie gedruk, met Jansies wat op daardie stadium 34-31 voorgeloop het.
EG Jansen se puntemakers: Xander Marais (twee drieë), Louis de Bruyn (drie), Ryno van Aswegen (drie), Eben Hyman (drie), Kyle Benade (drie doelskoppe, strafskop).

Ander spanne se uitslae:
o-16: EG Jansen 15, Monument 19
o-15: EG Jansen 15, Monument 12
o-14: EG Jansen 10, Monument 17

Lees Ook: EG Jansen rugby coach left impressed following school clinic

Lees Ook: EG Jansen se tennispelers blink uit

   

Related Articles

Back to top button