School sportSport

Concordia en Rynfield pak mekaar in netbal eindstryd

Twee spanne wat deur 'n ma en 'n dogter afgerig word het mekaar die stryd aangesê.

Laerskool Concordia se o-10 A-netbalspan het hulle liga gewen en het teen Laerskool Generaal Alberts uitgespel waartydens hulle as D16-wenners uit die stryd getree het.

Estelle le Roux is die span se afrigter.

Terselfde tyd wen Nicolien le Roux, Estelle se dogter, se span van Laerskool Rynfield ook hul liga en tree as D6-wenners uit die stryd.

Dit bring toe die ma en dogter se spanne teen mekaar te staan in die Ekurhleni-semifinale ronde.

Laerskool Concordia en Laerskool Rynfield het mekaar in ’n titaniese stryd aangepak.

Met die blaas van die eindfluitjie was die spanne gelykop en moes hul ekstra tyd speel om die wenner te bepaal waartydens Rynfield met 11-10 as wenners in ’n naelbytwedstryd uit die stryd getree het.

LEES OOK:

Concordia se netbalspelers blink uit

 

Related Articles

Back to top button