School sportSport

Groot spronge vir jong ruiter

Sy is tans onder die top 10 in Gauteng.

Maxine du Toit, ‘n leerling aan Laerskool Concordia, het al heelwat in skouspring met haar ponie, Syferpan Santa, gevorder.

Omdat sy ‘n gegradeerde ponieruiter met ‘n uitstekende prestasierekord is, is sy deur ‘n streng keuringskommitee (SA Show Jumping) gekies om die Gauteng Equestrian span by die SA Kampioenskap in Kyalami, wat vanaf 9 tot 12 Desember gehou was, te verteenwoordig.

Sy en haar ponie spring die 70cm kompetisies en net vyf ruiters word gekies om die Gauteng span vir die 70cm skouspring te verteenwoordig.

Haar span behaal ‘n goud en wen die SA Kampioenskap vir Gauteng met Maxine wat die beste tyd in die span behaal het.

Sy en Syferpan Santa het ook ‘n derde en ‘n vierde plek vir haar individuele kompetisie verwerf en lê tans in die top 10 ranglys in Gauteng.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button