School sportSport

Concordia gimnaste, akrobate nommer een in SA

Laerskool Concordia se tuimel en akrobatiese gimnastiekgroep, Dancing Flames, het tydens die skoolvakansie aan die Suid-Afrikaanse Gimnastiek Federasie se Gym for Life nasionale kampioenskappe deelgeneem.

Concordia was weer eens meesterlik met die uitvoer van hulle roetine en is vir die tweede agtereenvolgende jaar as SA-kampioene gekroon.

As die verdedigende kampioene was Laerskool Concordia se span en hulle afrigter, Naomi Botha, slaggereed vir ’n groot stryd tydens vanjaar se SA’s wat by die Universiteit van Pretoria se LC de Villiers Sportsentrum plaasgevind het.

Die Gym for Life kompetisie is ’n nuwe konsep wat tans deur die ‘Federation International de Gymnastique’ (FIG) ontwikkel word.

Dancing Flames se vertoning het die beoordelaars met hulle akrobatiese vaardighede sprakeloos gehad.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button