School sportSport

Concordia vier Nasionale Braaidag

Laerskool Concordia het hul braaidag op 15 September gehou.

Skoolhoof Christo Lodder het met die blink idee vorendag gekom om van nou af elke jaar ’n braaidag, ter herdenking aan ons land se Nasionale Braaidag op 24 September, te hou.

Hy gaan ook poog om Jan Braai volgende jaar na die skool uit te nooi en dan die grootste braaier te bou waarop daar vir ’n duisend leerlinge tergelykertyd gebraai gaan word.

Vanjaar het elke klas ’n pappa of oupa gekry om vir hulle te kom braai.

Dit was ’n gesellige dag vol pret en plesier.

Die braaidagvieringe vorm ook deel van Laerskool Concordia se 80-jarige verjaarsdagvieringe dié jaar.

Elke klas het volgens ’n tema aangetrek. Daar was Master Chefs temas, rugby temas, Hawaii temas, lente temas en nog vele meer.

Elke leerling van graad een tot graad sewe het die dag saam geniet.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button