Plaaslike leerling skop pad oop na Orlando, Florida

Danel van Heerden het gekwalifiseer om aan die NMA-ISKA wêreldkampioenskappe in Orlando, Florida, tussen 30 Junie en 1 Julie, deel te neem.

Daar was tussen 4 500 en 5 000 deelnemers.

Danel verower twee eerste plekke in die afdelings Continuous Fighting en Creative Musical Weapons Kata.

Sy behaal vier vierde plekke in die afdelings Point Fighting, Creative Weapons Kata, Traditional Weapons Kata en Traditional Kata.

Sy skop letterlik en figuurlik stof in die oë van haar opponente.

Die hoogtepunt was die Night of Victory, waar ‘n geselekteerde groep – die beste van die beste – teen mekaar geveg het. Slegs twee deelnemers van die Suid-Afrikaanse span was genooi om aan hierdie geveg deel te neem.

Danel behaal hier ‘n derde plek vir haar Creative Musical Weapons Kata.

Danel is beslis Oosterlig se eie Bruce Lee.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version