School sportSport

Concordia vaar goed in Oosterlig Spur Netbalreeks

Laerskool Concordia se netbal oopspan het onlangs aan die Oosterlig Spur Netbalreeks deelgeneem.

Die Spur borg elke jaar die netbal- en rugbyreeks, tesame met Hoërskool Oosterlig.

Dit is vir die hele Oos-Rand se skole en sluit skole in van Springs, Boksburg, Germiston, Alberton en Brakpan.

Die Spur-reeks poog om sport ontwikkeling by jong mense tuis te bring, as ’n gesonde aktiwiteit en só die gemeenskappe betrokke te kry.

Laerskool Concordia se oopspan het twee wedstryde gespeel.

Die eerste wedstryd teen Laerskool Jan van Riebeeck het hulle verloor en die tweede wedstryd teen PAM Brink het hulle gewen.

Laerskool Concordia dring dus deur na Vrydag, 3 Maart, se finale te Hoërskool Oosterlig.

Related Articles

Back to top button