Goeie krieket resultate vir Jansen

Die Hoërskool Dr EG Jansen het baie goeie krieket op 11 Februarie gespeel.

Hiermee die uitslae:

EG Jansen kolf eerste en verklaar op 360/4.

Die ster kolwers in die rondte was Andrew Bosman wat 109 lopies aangeteken het en Sias Badenhorst met 72 lopies.

Hans Moore kon slegs 70 lopies in hulle beurt aanteken.

Jansen se bouler, De Wet van Tromp kry twee paaltjies vir slegs drie lopies en Joubert Holmes is kort op sy hakke met 2/6.

Hans Moore kon net 12/5 kry in hulle volgende beurt.

Hier het Jayden Enever 2/0 en Sias Badenhorst 2/7 met hulle boulwerk vermag.

Jansen wen met ’n dubbelbeurt.

EG Jansen kolf eerste en behaal ’n totaal van 223/10.

Die staatmaker kolwers was Sheldon Demieniet met 59 en Rohan Schwartz met 46 lopies.

Dr Malan veg terug maar kon net 120 in hulle eerste beurt behaal.

Rohan Schwartz boul vier uit vir slegs 14 lopies en Charl Lombaard kry 2/16.

Dr Malan het toe weer probeer maar kon slegs 43/1 behaal toe Rohan Schwartz die eerste paaltjie laat kantel 1/14.

EG Jansen se o-15 wen dus hier op die eerste beurt.

Jansen se tweedespan se eerste kolfbeurt eindig met 186 almal uit.

Gerrit Nel teken 58 lopies aan en Griffon Smith 26.

Dr Malan se eerste rondte eindig met 156 almal uit.

Hier het Henk Boerman se suinige boulbeurt drie paaltjies laat kantel vir 26 lopies en Francois Voster kry gou-gou een paaltjie in slegs 13 lopies.

EG Jansen kry vinnig 12/1 wat beteken dat hulle wen op die eerste beurt.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version