School sportSport

Hans Moore verloor teen Oosterlig

Die 2013 Beeld trofee wenspan van Hoërskool Oosterlig in Boksburg het Saterdag gewen teen Hoërskool Hans Moore op laasgenoemde se tuisveld in Benoni.

Die span van Boksburg het verlede jaar die Beeld trofee met Hoërskool Ben Viljoen gedeel.

Die O/15 A spanne van albei skole het ‘n moeilike eerste helfde gehad met die telling 0-0 teen halftyd.

Hans Moore het die eerste drie van die wedstryd gedruk vroeg in die tweede helfde.

Dit het Oosterlig gemotiveer wat kort daarna hul eerste drie gedruk het en die tweede helfde daarna gedomineer het.

Die span van Boksburg het die wedstryd 20-8 gewen.

Vorentoe! Oosterlig agsteman Ewan Visser beur vorentoe.
Vorentoe! Oosterlig agsteman Ewan Visser beur vorentoe.

Ander resultate:

O/14A Oosterlig wen 22 – 7.

O/14B Oosterlig verloor 0 – 34.

O/15B Oosterlig wen 19 – 7.

O/16A Oosterlig wen 21 – 19.

O/16B Oosterlig verloor 5 – 24.

Related Articles

Back to top button