Witfield Dam is vervalle

Stuur 'n brief aan die redakteur na boksburgadvertiser@caxton.co.za

Johan du Plooy van, Beyerspark skryf:

Ek was vir ongeveer 30 jaar (1975 tot 2005) ’n inwoner van Witfield. Inteendeel, ek het by Witfield Dam gebly.

Gedurende hierdie tydperk was Witfield ‘n netjiese, spoggerige middelklas-buurt, veral die dele om die dam.

Dit bring my by my besprekingspunt – Witfield Dam.

Dié dam was ‘n netjiese, skoon, uiters gewilde ontspanningsgebied, dus ‘n aantrekkingsgebied in die omgewing. Veral naweke het letterlik honderde mense hier kom piekniek hou en ontspan, nie net mense van Boksburg nie, maar oor die hele Oos-Rand.

Die natuurskoon was pragtig, die voëls wat daar rondvlieg, en veral die eende en ganse. Daagliks het gesinne honderde eende en gaanse kom voer, hulle het soms self in die pad geloop.

Dit was vir ons heerlik om vanaf ons stoep en tuin al die vrolike bedrywighede dop te hou!

Om tot die punt te kom, dit is skokkend om die dam nou te aanskou. Die water is bedek met hiasinte wat die hele dam oorgeneem het. Geen lewe meer hier nie, geen teken van eende, ganse, voëls nie.

Dit het die ‘norm’ van ons land geword. Alles word vernietig en afgebreek.

Die ergste van alles ons aanvaar dit maar net. Selfs ons netjiese huis is nou omskep in ‘n huis waar vertrekke onderverhuur word, geen teken van ‘n tuin meer! Die hele gebied lyk nou vervalle.
Moet ons maar nou die ’nuwe Suid-Afrika’ aanvaar?

Also Read: Damaged Witfield streetlights finally fixed

Also Read: Many hands at Boksburg Lake clean up

   

Exit mobile version