Opinion

’n Onderwyseres uit die boonste rakke

Sy is iemand wat met trots uitstaan in ons gemeenskap en mense kan baie leer deur die voorbeeld wat sy stel.

Elize Cameron, ’n Laerskool Westwood ouer, skryf:

Daar is min mense wat op beroemdheid kan aanspraak maak deur om haar leerders op te voed en terselfdetyd saam met hulle te groei soos juffrou Nadia Janse van Rensburg by Laerskool Westwood.

Met hierdie unieke en spesiale storie wil ons as ouers en leerders ’n baie spesiale persoon bedank en gelukwens vir die wyse waarop sy na ons kinders omgesien het.
 
Van die vele leerders wat hul skoolloopbaan in Graad RR by Laerskool Westwood in 2013 begin het, het ’n spesiale groepie van 12 leerders dit reggekry om hul hele pre-primêre en primêre skoolloopbaan saam met haar te stap. Gedurende 2016 het juffrou Nadia die trappies verder geklim en vir die Graad Twee-groep skoolgehou. Twee jaar later het sy besluit sy kan nie van hul afstand doen nie en leer toe vir hulle in Graad Vier wiskunde. Gedurende 2019 het nuwe verwikkelinge vir juffrou Nadia en haar leerders na vore gekom. Sy het weereens die leer geklim en vir hulle in Graad Vyf geskiedenis en aardrykskunde gegee.
In 2021 is juffrou Nadia die pilaar en mentor asook register- en wiskundeonderwyser vir hierdie groep Graad Sewe-leerders.
Nie net het hierdie 12 leerders grootgeword onder haar leiding en opvoeding nie, maar al haar leerders en ons as ouers wil van hierdie geleentheid gebruik maak om haar te bedank vir haar toegewydheid en liefde vir haar leerders.
 
Sy is iemand wat met trots uitstaan in ons gemeenskap en mense kan baie leer deur die voorbeeld wat sy stel. Haar leerders gaan baie na haar verlang, maar gelukkig het hul spesiale herinneringe om aan vas te hou.
 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button