Opinion

Dink jy die Springbokke is gereed vir die Britse en Ierse Leeus?

Die Britse en Ierse Leeus is binnekort op pad na Suid-Afrika. Die Advertiser het 'n paar plaaslike rugbyondersteuners gevra of hul dink die Springbokke is gereed vir die Britse Leeus-toer.

Musa Sibeko: “Ek dink die Springbokke is gereed vir die Britse en Ierse Leeus omdat hulle in die 2019 Wêreldbeker-rugbytoernooi as die kampioene gekroon is.”
Reghardt Botha: ’Dit gaan ’n moeilike toer wees. Die feit dat die Bokke in 2019 laas internasionale rugby gespeel het gaan beslis teen ons tel.”
Melissa van Greunen: “Die Springbokke is reg vir die Britse en Ierse Leeus. Hulle speel al lank saam en het ’n goeie breier en kaptein. Siya Kolisi is beslis iemand om na op te kyk.”
Estee van Tonder: “Ek glo die Bokke is reg vir die Britse Leeus-toer. Hulle is ’n sterk span en het baie om voor te speel. Ek staan bankvas agter hulle.”
Werner Groenewald: “Ek glo die Bokke kan hierdie toer wen omdat die Britse Leeus nie die beste moontlike span gekies het nie.”

Lees Ook: Naka Drotske se lewe van genade

Lees Ook: [Watch] The Springboks return home

   

Related Articles

Back to top button