BlogsOpinion

Struwwelpeter: En wat het jy vandag gedoen?

Hoe op aarde dink die ANC gaan ons dit in 'n bankrot-gesteelde Suid-Afrika doen?

WIE onthou nog die ou cowboy-flieks van destyds? Die klassieke konfrontasies – High Noon in Main Street – wanneer twee ouens mekaar daar aangluur, albei is reg om te ‘draw’ en die eerste ene wat sy oë durf knip kry ‘n koeël.

Nou ja, dis weer High Noon in Amerika. Die republikeinse meerderherid in die senaat weier om Obama se begroting goed te keur, tensy hy die sogenaamde “Obamacare (vry mediese dekking vir almal) daar uithaal. Intussen het Amerika gaan staan – geen begroting, dus geen salarisse vir staatsamptenare nie.

Ons sal maar sien “who blinks first”. Maar net dit: as die Republikeinse senaat van die magtige Amerika nie glo dat hulle vry mediese sorg kan bekostig nie, hoe op aarde dink die ANC gaan ons dit in ‘n bankrot-gesteelde Suid-Afrika doen?

* * *

In ‘n onlangse uitgawe van Rapport is daar na bewering ‘n kritiese artikel geplaas oor die Universiteit van Stellenbosch se topbestuur. Onder meer is daar gesê dat die rektor, professor Russel Botman, se rol “verklein is tot die knip van linte en die soen van babas”.

Die universiteit het eksepsie geneem en ‘n klag by die Persombudsman ingedien. Die gevolg was ‘n prominent-geplaasde “onvoorwaarlike veskoning”, waarin Rapport sy spyt uitspreek oor hierdie berig.

Nou goed, dit is seker so dat Botmanm in sy eer gekrenk is, maar was dit wys om dit aan die groot klok te hang?

Struwwelpeter, wat ‘n gereelde leser van Rapport is, het nie eers die gewraakte eerste berig raakgesien nie. Maar hy het wel die prominent-geplaasde apologie met belangstelling gelees. As die universiteit hierdie oorspronklike berig geïgnoreer het, sou minder mense dit moontlik raakgesien het, met minder skade aan die rektor se ego.

* * *

Struwwelpeter moet gereeld by ‘n winkelkompleks parkeer. Hy het nie ‘n probleem met ‘n fooitjie vir die motorwag nie, maar hy verwag darem dat lg sy fooitjie verdien deur hom te help met die aflaai van sy trollies.
Nou is daar ‘n nuwe motorwag, ‘n suur ouman met ‘n geelgerookte snor. Hy help nie met trollies nie, kom eis net sy fooitjie wanneer jy uit jou parkeerplek trek.
En nou speel ons twee ‘n speletjie met mekaar. Struwwelpeter probeer sy eie motor “steel” sonder dat die motorwag hom sien. En hy wil net sê dat hy dit agt keer uit elke tien regkry.

* * *

In die ou Suid-Afrika het Mienie as huishulp by ‘n Clanwilliamse boer en sy vrou op die plaas gewerk. Eendag neem die oubaas en die ounooi vir Mienie saam met vakansie na die Strand.

Sy was nog nooit buite Clanwilliam nie en het met groot oë alles sit en bekyk. Hulle ry deur Kaapstad en Mienie vra:

“Ounooi, wat maak al daai meidjies op die straathoeke?”

Die ounooi antwoord: “Hulle staan daar en wag vir mansmense om hulle te kom oplaai.”

“En waar gaan hulle dan?”

“Nee, hulle gaan saam met die mans en dan lê hulle saam in die kooi en dan gee die mans vir hulle geld.”

“Geld, ounooi! Daarvoor? Haai! Die oubaas hy gee my net net ‘n paar lemoene!”

* * *

En nou ‘n storietjie vir die vroue: ‘n man kom eendag huis toe en vind ‘n totale gemors in sy huis.

Die kinders het buite gespeel, nog in hulle slaapklere. Binne was daar papiere en leë kospakkies, vuil borde op die kombuistafel, onopgemaakte beddens en die hele sitkamer vol kinderspeelgoed. Hy gaan soek sy vrou en tot sy verbasing vind hy haar in die bed met haar nagkabaai aan, besig om ‘n boek te lees.

“Wat gaan vandag hier aan?” vra hy vir haar.

“Wel,” kom die antwoord. “Elke dag as jy huis toe kom van die werk dan vra jy my wat het jy vandag gedoen?”

“Ja, en wat daarvan?”

“Wel, vandag het ek dit nie gedoen nie.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button