Struwwelpeter: om te stem werk nie altyd nie

En die dag toe Sipho vark raakgery het

STRUWWELPETER het groot geword met Britse motors: Austin, Morris, Riley, Wolseley, Vauxhall, Jaguar en dies meer.

Boere het Fords en Chevs gery, afhangende van hul politiek (Sappe = Ford, Chev = Nat).
Die res van ons het maar hoofsaaklik Brits gery.

En toe kom die Britse vakunies en hulle verwoes die Britse motorbedryf. Daar is vandag nie meer Britse motors nie. Jaguar en Land Rover word in Indië gemaak, Rolls Royce en Mini Cooper behoort aan BMW – julle ken die storie.

En nou lyk dit of dieselfde ding hier in Suid Afrika aan’t gebeur is.

Die gulsige NUMSA vakunie wil buitensporige verhogings hê of hulle gaan weer en weer staak.

Die sewe groot motorvervaardigers sê dat hulle dit nie kan bekostig nie om so voort te gaan nie. Verliese van tot R650 miljoen per dag word in die gesig gestaar.

Hulle waarsku dat hulle dit begin oorweeg om te onttrek van Suid-Afrika as die vakunies so voortgaan, in welke geval daar 30 000 meer werkloses sal wees, en ons ekonomie ‘n enorme terugslag sal kry. Soos die Britse ekonomie in die 1980’s.

Is dit regtig wat die vakunies wil hê – of verstaan hulle bloot net hoe die ekonomie werk nie?

* * *

President Mugabe roep sy gesin bymekaar. Hy kondig aan dat hy besluit het dat sy “wegholoorwinning by die stembus gevier moet word. Dus nooi hy sy gesin na ‘n vakansieoord in die Fillipyne vir ‘n maand.

“Nee,” sê sy vrou Grace. “Kom ons gaan liewer Mauritius toe.”

Die twee seuns stem nie saam nie. “Nee, kom ons gaan hierdie slag Dubai toe.”

“Goed,” sê Mugabe. “Ons sal daaroor stem.”

Almal stem op ‘n papiertjie en sit dit in ‘n skoenboks. Mugabe roep ‘n amptenaar en beveel hom om die stemme te tel.

Na vyf minute is die amptenaar terug met die uitslae:

Mautitius 1 stem.

Dubai 2 stemme.

Fillipyne 68 stemme.

* * *

Hierdie stukkie moet liefs in Engels vertel word:

The British Penny; EU Directive No. 456179

In order to meet the conditions for joining the Single European currency, all citizens of the United Kingdom of Great Britain and Northern Ireland must be made aware that the phrase ‘spending a penny’ is not to be used after 31st December 2013.

From this date, the correct terminology will be ‘Euronating’.

Thank you for your attention.

Gives a whole new meaning to Europeein.

Of te wel, gaan die Europieërs nou “euroneer”?

Dankie Balt en Mariano.

* * *

Soos baie van ons, was Struwwelpeter destyds verplig om ‘n eerstehulpeksamen te slaag as deel van sy werk. Hy het hierdie kennis nog net een keer toegepas, en ook nie sonder drama nie.

‘n Man langs hom in die supermark sak inmekaar. Die kêrel gee ‘n paar rukkings en toe word sy gesig blou.

Nou wat nou? Almal staan en ginnegaap, maar ‘n blou gesig beteken ‘n gebrek aan suurstof. Hartaanval? Struwwelpeter gaan sit bo-op die ou en begin KPR.

Die eerstehulpinstrukteur het altyd gesê, as jou pasiënt blou is, is hy sterwend. Moenie speel nie. Druk hard op sy borskas. As jy ‘n paar ribbes breek is dit die minste van sy probleme.

Dus, Struwwelpeter pomp so hard as hy kan. Na ‘n rukkie hoes die ou en hy word weer pienk. Hy sit regop.

Sy vrou daag op. “Hartjie, is jy OK?”

“Ja,” sê hy. “Ek dink ek het weer ‘n epileptiese aanval gehad. Maar my bors is so donners seer, ek kan skaars asemhaal.”

Oops! En dis waar Struwwelpeter vinnig tussen die mense verdwyn.

Later het hy beter gevoel nadat ‘n mediese vriend vir hom gesê het dat die man waarskynlik sy tong ingesluk het. Jy het dus die regte ding gedoen, al was dit vir die verkeerde rede! Maar jy het darem waarskynlik sy lewe gered. Nou toe.

* * *

Trieng-trieng.

Boer: “Ja, Sipho, wat gaan aan?”

Sipho: “My baas, die vark hy het by die pad gespring toe ek ry hom raak. Nou die vark se kop sit vas by die grill en hy raas baie.”

Boer: “Vat die 303 agter die sitplek en skiet hom dood, gooi hom agter op die bakkie en bring saam plaas toe, ons sal dit hier uitsort. Kyk net eers of die radiator nie seergekry het nie. As daar probleme is, bel my weer dan kom haal ek jou.”

Sipho: “Oukay, my baas.”

So 10 minute later bel Sipho weer.

Boer: “Is die bakkie stukkend, Sipho?”

Sipho: “Nee, my baas, die bakkie is oukay.”

Boer: “Nou wat is die problem, Sipho?”

Sipho: “Ek wil net weet my baas, wat moet ek met die vark se motorbike en die blou lig maak?”

Exit mobile version