Struwwelpeter: wat is ‘n oupa?

En wat gebeur as die rooinekke se taal te veel word

‘n Groep aktiviste probeer tans om ‘n hofbevel te kry dat Pre. Obama met sy aankoms in SA gearresteer moet word, en wel vir “crimes against humanity”.

Dit sal natuurlik glad nie gebeur nie dis omtrent so moontlik as dat Malema ‘n Nobelprys vir astrofisika wen.

Maar kom ons gee nou vir ons verbeelding vrye treuels: sê nou maar ons arresteer regtig vir Obama. Dit sal nogal ‘n ding wees: eerstens sal Amerika dadelik oorlog op ons verklaar.

Ons leër het destyds ‘n halfdag uitgehou toe ons wou oorlog maak teen Lesotho.

Teen die Amerikaners sal ons omtrent ‘n halfuur uithou todat hulle vliegtuie ons bereik. (Daar lê reeds die gebruiklike “back up”: vliegdekskip in die Indiese Oseaan).

Dié oorlog sal binne ‘n paar dae oor wees. Die kabinet sal in ‘n konsentrasiekamp ingestop word en ons sal onder Amerikaanse administrasie leef. Hoe heerlik!

En dink net aan al die geld wat die VSA hier sal inpomp terwyl ons “verowerde gebied”-status het – Utopia!

* * *

‘n Oulike briefie wat die hoof van Rooihuiskraal Laerskool in Centurion aan die ouers gestuur het:

Spesiaal vir Vadersdag wat is ‘n Oupa?

Kleinseuns in graad 2 se beskrywing van wat ‘n oupa is:

Oupas is mans-oumas.

‘n Oupa is iemant nes ek, net biekie slimmer, want hy kan my help met somme wat Pappa nie kan doen nie.

Oupas gaan stap graag met sienkies en gesels net oor visvang en trekkers.

‘n Oupa kan vreeslik lieg oor hoe simpel die lewe was toe hy klein was. Hy sê hulle het glad nie eens kompjuters gehad nie.

‘n Oupa werk nie; hy het tyt vir jou, behalwe as hy slaap, oupas slaap graag.

‘n Oupa kan nie meer mooi sien nie, want hy wil altyt weet wat jy doen. Maar dis lekker om vir hom te sê, omlat hy regtig wil weet.

Oupas het baaaie geld, want hulle koop elke dag die koerant en gooi tien rant in die kerk.

‘n Oupa is iemant wat altyt bly is om jou te sien, daarom hou hy altyt lekkers in sy sak.

Oupas vertel een storie tien maal. Elke keer anders. Dis so goed soos tien stories.

Almal moet probeer om ‘n oupa te kry, want hulle is lekkerder as telewiesie.

“Ons rykdom word deur net een ding bepaal: wat is ons werd as ons al ons geld sou verloor” – JH Jowett

Met dank aan Lynne

* * *

Jan is n Vrystaatse boer. Hy stop by ‘n vulstasie in Bloemfontein.: “Goeie môre. Maak vol met unleaded, asseblief.”

Joggie : “I only speak English, Sir!”

Jan: “Noooo problem…. Good day to you, Sir. I currently feel a profound desire to replenish the propellant of my motorised vehicle. Therefore, I cordially request you to transfer, from your subterranean reservoir, a sufficient quantity of combustible fluid of the highest octane rating to fill the appropriate receptacle of the said means of perambulation to the brim.”

Joggie : “Hau!”

Jan: “Do you have a problem, Sir? I thought you said you spoke English?”

Joggie: “Eish, English… that? She is not English!”

Jan: “My dear Sir, are you veritably attempting to insinuate that you do not even recognise the language which you allege to be your singular means of communication?”

Joggie : “Hau?”

Jan: “Let me attempt to elucidate in the most elementary terms your paltry grasp of the English vernacular is frittering away the time at my disposal, or, as I would put it, in a more civilised, intelligible language… Dit is donners duidelik dat jy boggerol van Engels weet. So, kry jou slapgat in rat en maak hierdie bliksemse kar se tank vol voordat ek hier uitklim en jou ‘n klap gee, want jy mors my tyd! Verstaan jy nou?”

Joggie: “Eh, Meneer. Vol. Afrikans hy es is beter, Meneer!”

Dank aan JB (wat toevallig in die VK gebore is)

* * *

‘n Dogtertjie vra vir haar ma: “Mamma, kan ek saam met Vlekkie om die blok gaan loop?”

“Nee,” sê die ma. “Vlekkie is op hitte.”

“Wat beteken dit?”

“Vra vir pappa. Hy’s in die garage.”

Sy maak so. Haar pa sê: “Ons maak ‘n plan en dan kan julle tweetjies maar gaan stap.”
Hy vat ‘n ou lap, gooi ‘n bietjie petrol daaroor en vryf dit oor Vlekkie se agterwêreld.

Nou toe, julle kan maar gaan loop, die ander honde sal nie met haar lol nie.”

Twintig minute later is die dogtertjie terug.

“Pappa, die eerste ent het dit goed gegaan, maar toe raak Vlekkie se petrol op. Nou is ‘n ander hondjie besig om haar huis toe te stoot.”

Met dank aan Marina

Exit mobile version