Hoërskool Oosterlig het onlangs ‘n suksesvolle manne-aand gehou met die voormalige Springbok Percy Montgomery asook die bokslegende Brian Mitchell.
Tydens die geleentheid het Montgomery en Mitchell staaltjies gedeel.
Die doel van manne-aand is om fondse in te samel vir die skool se rugby.
Oosterlig se rugbymanne het die skool se naam hoog gehou.
Die skool se eerste span het ‘n droogte van 11 jaar gebreek om hierdie jaar gekroon te word as die Valke-ligawenners van die grootskool-liga.
Oosterlig se o16A-rugbyspan is ook ligawenners.
Lees Ook: Skaakspeler maak Oosterlig trots
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.