Jansie skitter op die hokkieveld

Hailey se ma, Natasha, sê dit sal ‘n wees om te sien hoe haar dogter oorsee gaan om te doen waarvoor sy werklik lief is.

Hailey Schutte (16), ‘n talentvolle hokkiespeler van Hoërskool Dr EG Jansen, is onlangs gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig in Italië in September.

Sy is by die Southern Skies Mega Sportfees in George raakgesien, waar haar o16-span die toernooi gewen het.

Hulle het teen ander o16 en eerste spanne gespeel.

Vir Hailey, wat op ses ‘n hokkie bokkie geword het, is dit eer om uit 2 700 deelnemers by gerekende Suid-Afrikaanse skole gekies te word.

Hailey Schutte in aksie.

Sy is dankbaar dat sy die vrugte pluk van al haar harde werk.

Haar jonger suster, Ashley, is ook gekies om haar land by ‘n oorsese toer te vertegenwoordig.

“Ashley is ook tydens hul o14-toernooi opgemerk, maar verkies om nie in September na Nederland toe te gaan nie. Sy het my die geleentheid gegee om my familie en die gemeenskap te verteenwoordig, aangesien ons finansiële hulp soek van almal wat ‘n bydrae kan lewer,” het die talentvolle hokkiespeler gesê.

Hailey se ma, Natasha, sê dit sal ‘n wees om te sien hoe haar dogter oorsee gaan om te doen waarvoor sy werklik lief is.

“Ons as ouers is trots op hulle albei se prestaties. Hokkie is ‘n passie was hulle deel as susters. Daarom pleit ons met die gemeenskap om te help dat een van hulle oorsee kan gaan.

“Geen skenking is te groot of klein om haar droom te bewaarheid nie.”

Vir meer inligting, kontak Natasha by 076 780 4841 of Nico by 072 276 0582.

Lees Ook:EG Jansen se hoof lê die tuig neer 

Lees Ook: Voortrekkers geniet kamp

   

Exit mobile version