Schools

Jansies gholfspelers maak geskiedenis

Die gholfspelers het die skool se naam hoog gehou.

Hoërskool Dr EG Jansen se A-gholfspan het onlangs na ‘n strawwe agt-ronde kompetisie die skool se eerste gholfspan geword wat die Ekurhuleni Hoërskoleliga gewen het.

Die span, wat bestaan uit Adrian Ristow (Graad 12), Walter Green (Graad 11), Jaydon van Breda (Graad 11) en Charlton Theron (Graad Agt), se vaardigheid en toewyding het hulle gehelp om die knoop deur te haak.

Hulle kwalifiseer niermee om aan die Suid-Afrikaanse skolekompetisie in Worcester van 21 tot 24 Julie deel te neem.

Die skool se gholforganiseerder, Werner van Niekerk, het sy trots oor die span uitgespreek.

“Hoërskool Marais Vijoen het die liga vir die afgelope 11 jaar oorheers, maar die Jansies het dit reggekry om dit hierdie jaar te wen. Ek is bly dat daar vooruitgang met gholf is by die skool,” het hy gesê.

Van Niekerk het verder gesê Green het met sy individuele punte tweede in die liga geeïndig.

Hy het bygevoeg al vier die spelers kwalifiseer tot die proewe van Ekurhuleni provinsiale in Modderfontein op 15 Julie.

Lees Ook: EG Jansen maak weer harte oop teenoor die gemeenskap 

Lees Ook: ATKV help behoeftige leerders met hul sop-in-‘n-bottel projek

   

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button