Laerskool Concordia het onlangs die vierpotige vriende by die Boksburg DBV bederf met ‘n skenking as deel van ‘n leier-projek war daarop gemik is om ‘n verskil in die gemeenskap te maak.
Die skenking sluit in kos vir honde en komberse wat sal help om die diere warm te hou gedurende die winter.
Tydens die oorhandiging het die leerders dit ook geniet om die diere by die DBV te sien.
Dit is tradisie vir die skool se leiers om op ‘n jaarlikse basis die DBV te ondersteun en die skool hoop om die organisasie volgende jaar twee keer te ondersteun.
Vicky Finnemore, bestuurder van die Boksburg DBV, bedank die skool en elke onderwyser, leerder en ouer wat bygedra het bedank vir die barmhartige gebaar.
“Ons is dankbaar dat hulle aan die diere dink in die winter,” het Finnemore gesê.
Also Read: Concordia hokkie bokkie gekies vir Oos-Gauteng span
Lees Ook: Skenk bloed by Concordia