Schools

Nuwe en gereelde skenkers ondersteun EG Jansen se bloedskenkdag

Aangesien daar altyd 'n aanvraag is na bloed, word daar gereeld 'n bloedskenkdag by die skool gehou.

Wiekus Meyers van Witkoppie Ridge skenk gereeld bloed omdat dit ‘n goeie daad is wat mense se lewens red.

Die 60-jarige het sy 199ste eenheid bloed geskenk tydens die Hoërskool Dr EG Jansen bloedskenkdag op 8 April, waar die Suid-Afrikaanse Bloeddiens (SANBD) vanaf 13:30 tot 17:00 gereed was met beddens, naalde, sap en koekies om die skenkers by te staan.

“Ek het in die Boksburg Advertiser gelees dat mense genooi is om op daardie dag bloed te kom skenk, en ek het besluit om my mou op te rol om die inisiatief te ondersteun,“ het Meyers gesê, wie vir die eerste keer bloed geskenk het in 1983, in Kempton Park.

“Ek het as ‘n vakleerling gewerk en almal het maar bloed geskenk. In daardie tyd het ons nie eers ‘n koekie en sap gekry nie. Jy het dit gedoen omdat jy wou help. Om bloed te skenk word later ‘n leefstyl en ek glo vas dit is goed vir jou gesondheid,“ het sy bygevoeg.

Meyers ook sy vrou en kinders oorreed om bloedskenkers te word.

Wiekus Meyers het sy 199ste eenheid bloed geskenk.

Hy moedig ook die gemeenskap aan om die SANBD help om hul bloedvoorraad op te bou.
“Dit is regtig nie seer nie.”

Meyers het ook verlede jaar ‘n toekenning by die nasionale bloedbank ontvang nadat hy sy 150ste eenheid bloed geskenk het.
“Weens Covid het ek die toekenning ‘n bietjie laat ontvang. Hierdie jaar sal eek my 200ste eenheid skenk,“ het hy gesê.

Dit was nie net gereelde bloedskenkers wat ‘n draai kom maak het om bloed te skenk nie.

Die 16-jarige Johannes Wijnbeek het op die dag vir die eerste keer bloed geskenk.
“Ek het gesien daar is ‘n tekort aan bloed en het besluit om my deel te doen om die bloedbank te help.

Al was die naald groter as wat hy gedink het dit sou wees, was dit ‘n goeie ervaring vir Wijnbeek.

Londi Phidza van die SANBD saam met Johannes Wijnbeek wat vir die eerste keer bloed geskenk het.

“Dit was nie seer nie. Bloedskenk lê my ook na die hart omdat my swaer op ‘n stadium bloed geskenk het.

Wijnbeek gaan nou gereeld bloed skenk.

Peter Mafela van die plaaslike bloedbank het bevestig daar is 12 eenhede op die dag ingesamel terwyl hul doelwit 61 eenhede was.

“Die probleem is dat die geriewe vir mense om bloed te skenk agter die skool is. Die tyd van die bloedskenkdag het ook nie in ons guns getel nie. Ons hoop om volgende keer die bloedskenkdag tydens skoolure te hou,” het Mafela bygevoeg.

Ronel Steenkamp, organiseerder van die projek, het almal bedank wat gekom het om bloed te skenk.

“Ons wil ‘n beroep op die gemeenskap doen om die bloedskenkdae te ondersteun. Daar is regtig ‘n tekort aan bloed. Ons wil volgende keer beter te doen en hoop om weer ‘n groot bloedskenkdag te hou.”

Lees Ook: Nog ’n bloedskenk rekord wink vir Concordia

Lees Ook: #Concordiabloedskenk: 57 eenhede bloed in Oktober ingesamel

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button