Schools

Banies sien dubbel!

Die eerste dag van skool het vlot verloop by Laerskool Baanbreker.

Laerskool Baanbreker het hierde jaar een stel drielinge en drie stelle tweelinge in Graad Een verwelkom.

Die drieling is Jamilee, Caleb en Ubri van Lingen en die tweelinge is Alexia en Ludwich Meyer, Jaiden en Juandré Bye en Liam en Logan Strydom

Volgens die skool se skakelbeampte, Francina Stroebel, het die skool ongeveer 120 Graad Eens verwelkom en die eerste dag van skool op 17 Januarie het goed afgeloop.

“Die eerste dag van skool is altyd vol verwagtinge vir elke kind, ouer en grootouer.

Die tweelinge is Alexia en Ludwich Meyer, Jaiden en Juandré Bye en Liam en Logan Strydom.

“By Banies het die Graad Eens met hul mooi blink skoolskoene, groot blou en geel strikke in die hare, kuiwe vol ‘gel’ en groot glimlagte die juffrouens se harte gesteel. Met groot opwinding het die hele gesin opgedaag saam met die nuwe Graad Een-parrabeen vir ‘n foto van die groot dag en ‘n kans om te sien waar hul in die klas gaan sit en leer van die A, B, C.

“Reëls was verduidelik, nuwe maats was gemaak, kosblikke vol lekker eetgoed was pouse vining opgeslurp voor daar gespeel mag word en roetine moet nou weer deel maak van elkeen se dag,” het Francina verduidelik.

Volgens Stroebel droom Banies groot hierdie jaar.
“Elkeen word geleer van harde werk en om nie op te gee nie. Banies is dankbaar vir die Graad Eens wat die klasse vol sit en gretig wag om hul skoolloopbane te begin.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button