Schools

Oosies maak ‘n verskil met bloedskenkdag

Die skool het 72 eenhede bloed ingesamel.

Hoërskool Oosterlig het die meeste gemaak van sy bloedskenkdag op 11 Oktober soos die skool se leuse, Carpe Diem (pluk die dag), betaam.

Die skool het dit reggekry om 72 eenhede bloed in te samel, met die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) wat se teiken 44 eenhede bloed was.

Die SANBS span was van 08:00 tot 14:00 reg met naalde, beddens, sap en koekies om die skenkers by te staan. Talle leerders het tougestaan om hulle moue op te rol om bloed te skenk.
Een van die skenkers, Chiara Dover, het verduidelik dat sy besluit het om bloed te skenk om lewens te red.

“Aangesien ons nou oppad is na die feesseisoen, waar daar meer ongelukke gaan wees, dink ek dit is die perfekte geleentheid om ‘n lewe te red. Ek wil graag ander mense aanmoedig om dieselfde te doen,” het die Graad 11 leerder verduidelik.

Erina Bredenhand.
Monique Müller.
Zane Hannekom skenk bloed om lewens te red.

Die organiseerder van die dag, Erina Bredenhand, het verduidelik die bloedskenkdag is ‘n manier vir die skool om iets vir die gemeenskap te beteken.
“Een eenheid bloed kan drie verskillende mense help en dit kos jou niks, net ‘n paar minute van jou tyd.

“Baie leerders se ouers is dalk te besig om hulle te vat of dit is vir hulle moeilik om bloed te gaan skenk. Nou het hulle die geleentheid. Van die onderwysers kom skenk ook bloed in hul af periode,” het Bredenhand verduidelik.

Met die vakansietyd wat naderstap en duisende mense wat bloed gaan benodig, is die bloedbank dankbaar vir die skool se inisiatief.

“Ons wens die skool alle sterkte toe met die eksamen en ons hoop dat hulle ons weer sal ondersteun. Skenkers moet onthou dat hulle na elke 56 dae weer kan bloed skenk,” het Peter Mafela van die nasionale bloedbank gesê.

Lees Ook: Concordia se bloedskenkdag stil

Lees Ook: Laerskool Concordia se bloedskenkprojek kort ondersteuning

   

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button