Boksburg Broodblik se deure bly toe

Die stigter van die organisasie wil nou sy aandag daarop toespits om ander organisasies te help.

Boksburg Broodblik NPO gaan nie weer sy deure oopmaak nie nadat die organisasie se perseel in Boksburg-Noord afgebrand het.

Die oganisasie is in 2016 gestig en was toegewyd is om soveel as moontlik mense in nood te voed op ’n weeklikse basis.

Boksburg Advertiser het voorheen berig dat ‘n brand net voor 07:30 in ‘n agterkamer ontstaan het op 17 Junie, 2022.

Stigter van die organisasie, Cobus Uys, het verduidelik hy het intussen verhuis het na Van Dyk Park en besluit het om nie voort te gaan met Boksburg Broodblik nie aangesien daar reeds ‘n organsisaie in die omgewing is wat soortgelyke werk doen.

Lees Ook: Boksburg North house gutted by fire

“Ansa Mostert van die NPO Bethlehem Huis van Brood doen uitstekende werk om mense in die omgewing te voed, so ek glo nie dit sal nodig wees om voort te gaan met die organisasie nie.

“Dit is vir my hartseer dat Boksburg Broodblik nie meer gaan voortgaan nie. Ons het hard gewerk en baie mense gehelp. Ek het wel besef dit sal eerder beter wees om vir Ansa by te staan met haar organisasie,” het hy bygevoeg.

Cobus het verduidelik hy nou sy aandag gaan toespits op CobusCO, wat hy so gou as moontlik as ‘n nie-winsgewende organisasie wil registreer om fondse in te samel vir ander organisasies.

Hy beplan dan om onder meer konserte te organiseer om fondse in te samel vir hierdie organisasies.
“Ek wil steeds ‘n verskil maak, en daarom gaan ek hierdie projek aanpak.”

   

Exit mobile version