Local news

Huis van Brood het hulp nodig om kinders se Kerfees spesiaal te maak

Die nie-winsgewende organisaie het die publiek se hulp nodig om 'n sukses te maak van hul Kerspartytjie.

Bethlehem Huis van Brood beplan om weer vreugde te verskaf aan talle kinders hierde feesseisoen met hulle jaarlikse Kerspartytjie en Kersboom vir die Gemeenskap.

Hierdie jaar sal die partytjie op 7 Desember te Van Dyk Park Winkelsentrum (voor A’s Café) plaasvind.

Vele ouers is nie in staat om vir hulle kinders Kersgeskenke te koop en Kersfees spesiaal te maak vir hulle kinders nie, en daarom het die organisasie besluit om hierdie inisiatief aan te pak.

Tydens verlede jaar se partytjie het die organisasie oor die 600 kinders bederf.

Die kinders het smullekker disse geniet en daar was ook aktiwiteite soos gesigverf, waterbalonne, speletjies, ‘n poppespel en veel meer.

‘Kersvader’ het ook kom gesigwys wat dit nog meer feestelik gemaak het.

Ansa Mostert, bestuurder van Bethlehem Huis, het benadruk dat hulle die gemeenskap se hulp nodig het om ook van hierdie jaar se partytjie ‘n sukses te maak.

“Ons wil graag die dag spesiaal maak vir elke kind en vra dat die gemeenskap asseblief die projek sal ondersteun. Enige skenking wat kan help om van die dag ‘n sukses te maak sal waardeer word. Dit kan iets soos lekkers, mieliepitte, speelgoed (nuut of tweedehands) wees,” het sy bygevoeg.

‘n Hoogepunt waarna gaste kan uisien by hierdie partytjie is ‘n optrede deur die plaaslike kunstenaar, Franco van Zyl.

Buiten skenkings vir die partytjie, benodig die organisasie skenkings in die vorm van plastieksakkies en nie-bederfbareprodukte soos blikkieskos.

“Gewoonlik kan ek van die skenkings bêre, maar die nood is nou te groot en dit is ‘n stryd om skenkings te kry. Alles kom op die oomblik uit my eie sak uit. Skenkings van Pick n Pay Towers en Checkers by Retail Park help wel baie.”

Mostert het verduidelik sy deel die kos op Vrydae by haar huis in Van Dyk Park uit en in noodgevalle op Maandae en Woensdae.

Enigiemand wat die organisasie wil bystaan kan Mostert by 081 886 8695 of Hettie van Zyl by 081 550 8242 kontak.

Lees Ook: Bethlehem Huis van Brood se Kerspartytjie ‘n reuse sukses

   

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button