Plaaslike jukskeiers maak hul merk

Vier Oosies is ook aangewys as uitblinkers by die toernooi.

Hoërskool Oosterlig het puik presteer tydens die Noordvaal Skole Jukskei Toernooi wat op 14 September by die Boksburg Jukskeiklub uitgespook is.

Die skool se o16-dogterspan het veral die skool se naam hoog gehou tydens die geleentheid waar die beste skole van Oos Gauteng, Gauteng Noord, Limpopo, Sentraal, Wesrand en Mpumalanga aan die toernooi deelgeneem het.

Hulle het in hul afdelings gewen.

Tydens die toernooi het die Boksburg Advertiser met twee van Hoërskool Oosterlig se staatmakers vir die o16 meisies gepraat.

Anja Bezuidenhout het verduidelik dat sy ‘n jaar gelede begin jukskei speel het omdat haar pa en vriende van die sport hou.

Sedert sy jukskei speel het sy al baie bereik. Sy is die kaptein van Oos Gauteng se o16-span (meisies) en was in die top 16 in die land verlede jaar.

Bezuidenhout is passievol oor jukskei omdat daar goeie geselskap is.

“Jukskei is ook besig om te groei aangesien daar baie meer spelers is wat hierdie jaar aan die sport deelneem,” het sy verduidelik.

In hierdie foto is Rocco Aldum, Jacques Botha, Pieter Bezuidenhout (afrigter), Carlo Homan (afrigter), Anja Bezuidenhout en Carla Aldum. Voor: Lieze-Marie Kotze.

Haar droom is om nasionale kleure vir jukskei te kry en om in Namibië te kompeteer.

Die ander Oosie, Carla Aldum, het in Graad Ses begin jukskei speel omdat haar pa en broer jukskei gespeel het.

Carla het ook al baie in jukskei bereik en blink uit vir Sentraal Gauteng.

Die talentvolle jukskeier hou ook van die sosiale aspek van die sport.

Sy wil ook graag eendag haar nasionale kleure ontvang en Nambië toe gaan.

Bezuidenhout en Aldum is ablei is tydens die toernooi aangewys as uitblinkers, asook twee ander Oosies, Jacques Botha (17) en Rocco Aldum (18).

Uitslae:
o13 Seuns:
1ste: Laerskool Kollege Park
2de: Laerskool Rapportryer
3de: Laerskool Kruger Park

o13 Dogters:
1ste: Laerskool Garsfontein
2de: Laerskool Oosterkruin
3de: Laerskool Pietersburg Oos

o16 Seuns:
1ste: Afrikaanse Hoër Seunskool
2de: Gekombineerde Skool Hendrina
3de: Hoërskool Bastion

o16 Dogters:
1ste: Hoërskool Oosterlig
2de: Hoërskoo Tom Naude
3de: Hoërskoo Garsfontein

o19 Seuns:
1ste: HPP
2de: Afrikaanse Hoër Seunskool
3de – Helpmekaar College

o19 Dogters:
1ste – Hoërskool Zwartkop
2de – Morgenzon Landbou Akademie
3de – Helpmekaar

Groottotaal
1ste: Gauteng Noord (279.5)
2de: Limpopo (259)
3de: Sentraal (238)
4de: Wesrand (230)
5de: Oos Gauteng (228.5)
6de: Mapumalanga (167)

Lees Ook: Local jukskei player is looking for support

Lees Ook: EG Jansen leerders vaar uitstekend in jukskei

   

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version