Local news

Baanbreker Voortrekkers samel R1 000 in met karwasdag

Die kommando gee die jeug die geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakterbou en pret.

Die Baanbreker Voortrekkers het R1000 ingesamel tydens hul prettige karwasdag te Laerskool Baanbreker op 7 September.

Hierdie karwasdag is gehou om fondse in te samel vir die kommando se projekte.

Tydens die dag het die Voortrekkers voertuie soos motors en bromponies gewas terwyl die motoris ‘n gratis koffie geniet.

Volgens die organiseerder, Luzinda Saunders, het die Voortrekkers die dag baie geniet.

“Ons sou graag meer mense wou gehad het wat die dag kom ondersteun. Weens ‘n sameloop van gebeure soos buitemuurse aktiwiteite wat aan die gang was, glo ons nie almal kon die dag bywoon nie,” het sy vertel.

Die Baanbreker Voortrekkers het dit geniet om voertuie te was tydens die kommando se karwasdag.

Saunders bedank Laerskool Baanbreker en almal wat die inisiatief ondersteun het.

Die Voortrekkers is ’n kultuurbeweging wat in besonder die jeug toerus om as moderne Afrikaners, positiewe burgers en konsekwente Christene hulle roeping deur diensbaarheid uit te leef.

Die Baanbreker Voortrekkers kom elke Maandag van 16:00 tot 17:00 by Laerskool Baanbreker bymekaar.

Vir meer inligting, skakel die kommandoleier, Louise Botha, by 074 911 1225.

Lees Ook: Baie pret vir Baanbreker Voortrekkers

Lees Ook: Baanbreker Voortrekkers bedrywig

   

Related Articles

Back to top button