Local news

Damesoggend by Freeway Bybelkerk lok duisende

Tydens die geleentheid kon gaste 'n lekker dag geniet waar hulle ook stalletjies kon ondersteun.

Oor die 2 500 mense het Freeway Bybelkerk se onvergeetlike damesoggend/konferensie op 7 September ondersteun.

Die tema van die dag was ‘Bestem om te wen’.

Tydens die geleentheid kon gaste ‘n lekker dag geniet waar hulle ook stalletjies kon ondersteun. Hulle het elkeen ook ‘n geskenkpakkie ontvang.

‘n Hoogtepunt van die dag was die toespraak van die organiseerder, Louise Boyens.

Haar boodskap was dat God die vrou geskape het om te oorwin in alle opsigte van die lewe, maar sy moet kies om by sy reëls te bly.

Natasha Bezuidenhout en Jean-Mari Zeeman by die damesoggend.

Boyens het die dag as ‘n sukses beskou en benadruk hoe die geleentheid oor die jare gegroei het.

“In 2018 het ons die eertste damesoggend/konferensie gehou en daar was 80 dames.

“Ons visie is om ‘n verskil in die gemeenskap te maak en dames die geleentheid te gee om Jesus te ontmoet. Ons het ‘n wenspan, en ek sal oorlog toe gaan saam met hulle. Ek is baie trots om te sê ek is deel van die span.”

Boyens het bygevoeg hulle gemeentes in Reiger Park en Springs gemeentes hou ook die volgende twee weke hulle damesoggende.

Vir meer inligting, besoek die Freeway Bybelkerk se Facebookblad.

Lees Ook: Jarelange inwoner vier 80ste verjaarsdag

Lees Ook:  Get your Christian books and handmade gifts at Be-Liv-It Boekwinkel

   

Related Articles

Back to top button