Local news

Ondersteun die Baanbreker Voortrekkers se karwasdag

Geniet 'n gratis koffie terwyl die Baanbreker Voortrekkers jou kar was.

Die Baanbreker Voortrekkers nooi die publiek uit om sy karwasdag op 7 September by Laerskool Baanbreker te ondersteun.

Lede sal vanaf 08:00 tot 12:00 gereed staan om karre te was.

Nie net is die karwas slegs R30 nie, jy kan ook ‘n gratis koffie geniet terwyl jy wag.

Die doel van die karwasdag is om fondse in te samel vir die kommando se projekte.

In 2022 het die Boksburg Advertiser berig dat die Baanbreker Voortrekkers R4 000 ingesamel het tydens hul karwasdag.

Vir meer inligting, kontak Jucinda by 072 314 5482.

Lees Ook: Baanbreker Voortrekkers leer oor reptiele

Also Read: Baie pret vir Baanbreker Voortrekkers

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button