Avonique hou Suid-Afrika se naam hoog

Dit is vir Avonique 'n eer om haar land te verteenwoordig.

In ‘n prestasie wat alle verwagtinge oortref, het Avonique van Rooyen (16), ‘n talentvolle gamer van Hoërskool Oosterlig haar naam die geskiedenisboeke ingeskryf as die jongste deelnemer aan die Afrika eindronde van die e-sportspel, Counter-Strike 2 (CS2).

Hierdie mededingende kampioenskappe is vanaf 16 tot 21 Augustus in Casablanca, Marokko, uitgespook.

Dié Sunward Park-inwoner was nie net die jongste in haar span van vyf spelers nie, maar ook die jongste deelnemer in die toernooi.

Suid-Afrika is een van 17 lande wat deelneem aan hierdie internasionale toernooi, wat altesaam 180 deelnemers van regoor Afrika bymekaargebring het.

Hierdie spanne ding mee vir die top prys en die eer om as kontinentale kampioene gekroon te word wat dan aan die IESF World Finals in Saudi Arabië deel gaan neem in November.

Haar spanmaats, Jessica Eleez Greeff , Megan van der Westhuizen, Kayhla Rose Calder en Christin Brazier is almal ervare spelers en is trots om haar in die span te hê.

Met ‘n trotse glimlag het Avonique onlangs haar Proteakleure ontvang, ‘n simbool van haar verbintenis tot uitnemendheid en haar toewyding aan die land.

Avonique het op 11-jarige ouderdom begin speel en het vroeg al talent gewys vir hierdie intense e-sport. Sy kon egter eers in Mei 2024 profesioneel begin speel toe sy 16 geword het, en is gou deur ATK, Suid-Afrika se beste vrouespan opgeraap.

“Dit is ‘n eer om my land te verteenwoordig, en ek is opgewonde oor hierdie geleentheid,” sê Avonique

“Ek weet ek is die jongste, maar ouderdom is net ‘n getal. Op die oomblik tel net vaardigheid, strategie en ongelooflike goeie spanmaats.”

Avonique blink nie net uit as sy speletjies speel nie, en het al van ‘n jong ouderdom goed gevaar in skoonheidskompetisies.

In 2018 is sy aangewys as Miss Pre-Teen South Africa.

Sy het verlede jaar ook met die Miss Teen World 2023-kroon weggestap, en was vasbeslote om hierdie platform te gebruik om liefdadigheidswerk te doen.

Die Boksburg Advertiser het al voorheen berig dat hierdie talentvolle leerder passievol is daaroor om die Boksburg DBV te ondersteun.

Sy het ook voorheen aan die Advertiser verduidelik haar ander stokperdjies sluit dans in en dat sy ‘n pompom-meisie is by haar skool.

Also Read: Miss Teen World to inspire youngsters

Also Read: Avonique skitter in Turkye met nog ‘n kroon

 

Exit mobile version