Local news

Skaakspeler maak Oosterlig trots

Die skool wens die leerder geluk toe met sy prestasie.

Hoërskool Oosterlig is trots op Juan-Louis Combrink wat onlangs Suid-Afrikaanse kleure in skaak verwerf het.

Combrink het ook aan die 2024 Afrika Skaak Jeugkampioenskappe deelgeneem.

Sestien Afrika-lande het meegeding en Combrink het in die top 10 geëindig.

Vandaar het hy verder nóg vir 11 dae lank aan die Suid-Afrikaanse Ope (Afdeling A) in Durban by die Universiteit van Tegnologie deelgeneem.

Lees Ook: Oosterlig se tennisspelers maak reg vir SA’s

Lees Ook: Oosterlig se redenaars presteer

   

Related Articles

Back to top button