Senior burgers geniet opvoering

Die opvoering het die ryk geskiedenis van die Voortrekkers uitgebeeld.

Solidariteit Helpende Hand Boksburg-tak het senior burgers van Boksburg Society For The Aged (Cosmos Old Age Home) bederf deur ‘n besondere opvoering, Die Boervrou en haar Volk aan te bied.

Hierdie eenvrouvertoning is deur Sandra L Taljaard gelewer.

Die opvoering het die ryk geskiedenis van die Voortrekkers uitgebeeld. Sy het begin by Jan van Riebeeck se aankoms in 1652 en voortgegaan met die 1838 Groot Trek uit die Kaap, die Zulu-oorlog in Natal en Suid-Vrystaat, die Anglo-Boereoorlog, en uiteindelik die Uniewording in 1961.

Deel van die vertoning het ‘n dans paartjie in tradisionele voortrekker Volkspeledrag ingesluit.

“Taljaard het ons herinner om nie te vergeet waar ons vandaan kom nie, en dat die geskiedenis belangrik is en relevant bly,” het die tak se voorsitter, Annerie du Pisani, gesê.

Die geleentheid is afgesluit met heerlike versnaperings.

Du Pisani het almal bedank wat bygedra het tot die sukses van die geleentheid.

Solidariteit Helpende Hand is ’n nie-winsgewende organisasie wat veral betrokke is by behoeftige skole, ouetehuise en individuele gesinne.

Die voorsitter het beaam dat die tak net suksesvol met projekte kan voortgaan met die ondersteuning van lede en skenkers om die takfonds te versterk.
Kontak du Pisani by 083 990 3624 vir meer inligting.

Lees Ook: Helpende Hand samel skryfbehoeftes in vir minderbevoorregtes

Lees Ook: Skole wat Helpende Hand help kan R10 000 wen

   

Exit mobile version