Local news

Baanbreker Voortrekkers leer oor reptiele

Die kommando gee die jeug die geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakterbou en pret.

Die Baanbreker Voortrekkers het onlangs ‘n reptielvertoning geniet tydens ‘n onvergeetlike byeenkoms by Laerskool Baanbreker.

Eienaar van Producate Youth Development, Dudley van Loggenberg, het die Voortrekkers meer vertel oor reptiele soos geitjies, slange en akkedisse.

Dudley het die Voortrekkers ook die geleentheid gegee om die diere vas te hou.

Alyssa Visser tydens die byeenkoms.

“Dit is informatiewe en interaktiewe vertonings. Ek het vir hulle interessante feite oor die reptiele gegee op so ‘n manier dat die leerders dit sal verstaan,” het hy vertel.

Hy het bygevoeg dit was vir hom ‘n lekker ervaring en die Voortrekkers het almal goeie maniere.

Ruben Griessel het die reptielvertoning geniet.

Luzinda Saunders, organiseerder, het die dag as ‘n sukses beskryf.

“Die kinders het dit baie geniet.”

Die Voortrekkers is ’n kultuurbeweging wat in besonder die jeug toerus om as moderne Afrikaners, positiewe burgers en konsekwente Christene hulle roeping deur diensbaarheid uit te leef.

Offisier Gerda Meyer.

Die Baanbreker Voortrekkers sal weer vanaf 15 Julie elke Maandag van 16:00 tot 17:00 by Laerskool Baanbreker bymekaar kom.

Vir meer inligting, skakel die kommandoleier, Louise Botha, by 074 911 1225.

Also Read: UPDATE: Problematic crime hotspot receives attention

Also Read: Boksburg North SAPS beat Daveyton SAPS

   

Related Articles

Back to top button