Local news

Vootrekkers leer vaardighede by kampe

Die kommando gee die jeug die geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakterbou en pret.

Lede van die Baanbreker Voortrekker Kommando het verskeie vaardighede tydens kampe gedurende die skoolvakansie aangeleer.

Keagan Crous, Mia Joubert, Janco Uys, Matthew Summerfield en Elmore Botha het die Thaba-kamp in Brits vanaf 22 tot 28 Maart bygewoon.

Louise Botha, hulle offisier was ook saam.

Uys en Summerfield het jagters-spesialisasie gedoen en Elmore het terrein-spesialisasie gedoen.

In hierdie foto is Elmore en Louise (offisier) Botha by die Thaba-kamp.

Crous en Joubert het veldwagters-spesialisasie gedoen.

Nog ‘n Baanbreker Voortrekker, Mele Jooste, het die Hoëveld PD-kamp vanaf 21 tot 25 Maart bygewoon.

Sy het veldbewustheid-spesialisasie gedoen.

Mele Jooste het die Hoëveld PD-kamp geniet.

Die Voortrekkers is ’n kultuurbeweging wat in besonder die jeug toerus om as moderne Afrikaners, positiewe burgers en konsekwente Christene hulle roeping deur diensbaarheid uit te leef.

Die Baanbreker Voortrekkers kom elke Maandag van 16:00 tot 17:00 by Laerskool Baanbreker bymekaar.

Vir meer inligting, skakel die kommandoleier, Louise Botha, by 074 911 1225.

Lees Ook: Baie pret vir Baanbreker Voortrekkers

Lees Ook: Baanbreker Voortrekkers bedrywig

   

Related Articles

Back to top button