Local news

Skenk bloed by Concordia

Aangesien daar altyd 'n aanvraag is na bloed, word die publiek aangemoedig om die projek te ondersteun.

Laerskool Concordia vra die publiek om weer hulle moue op te rol en bloed te kom skenk by die skool op 8 Februarie.

Die skool is te Rietfonteinweg 9 geleë en die span van SANBD sal van 10:30 tot 15:30 gereed wees om skenkers by te staan.

Weens die pandemie kon die laerskool sedert 2020 nie ’n groot bloedskenkdag hou nie, dus samel hul nou op ’n tweemaandelikse basis bloed in.

Concordia het onlangs hande gevat met sy buurskool, Hoërskool Dr EG Jansen. Die skole hou nou maandeliks om die beurt bloedskenkdae.

Om bloed te kan skenk moet jy:
• Tussen die ouderdom van 16 tot 75 wees.
• Jy moet 50kg of meer weeg.
• Jou gesondheid moet in ’n goeie toestand wees.
• Jou tattoes moet ouer as drie maande wees.
• Jy moet ’n gesonde leefstyl hê.
• Jou bloed moet geskik wees vir oortapping aan ’n ander pasiënt.
• Jy moet toegewyd wees om gereeld bloed te skenk.

Lees Ook: Nog ’n bloedskenk rekord wink vir Concordia

Lees Ook: #Concordiabloedskenk: 57 eenhede bloed in Oktober ingesamel

   

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button