Local news

ERU is gefrustreed oor kragsituasie

Die klub se spelers sukkel om saans te oefen weens die gebrek aan beligting.

Die East Rand United Rugbyklub (ERU) sit met hulle hande in hul hare aangesien beligting by die Reiger Park Sports Arena, ook bekend as The Graveyard, steeds ‘n probleem is.

Volgens die klubvoorsitter, Marius de Vos, is die klub sonder krag omdat inwoners van die nabye informele nedersettings onwettig krag aanlê.

“Die drade wat ERU voorsien van krag word geknip sodat die krag na die informele nedersettings aangelê kan word. Die probleem kom nou al vir byna drie jaar. Die munisipaliteit het dit al twee keer kom herstel, maar ‘n dag later doen hulle dieselfde ding. Ek het dit al verskeie kere aan die relevante persoon gerapporteer.

De Vos maan die gebrek aan beligting het ‘n negatiewe impak op die klub.

“Ons is veronderstel om te begin voorberei vir vriendskaplike wedstryde en die liga, maar sonder lig is dit moeilik. Meeste van ons spelers werk gedurende die dag, so ons moet saans oefen.

Die klub het al alles probeer. Van die gebruik van motor ligte tot ‘n kragopwekker, maar sonder sukses.

“Ons het PG Park al bespreek, maar dit is Boksburg Rugbyklub se tuisveld.”

De Vos beklemtoon die klub sal skenkings van besighede en gemeenskapslede waardeer.
“Dit hoef nie ‘n geldelike skenking te wees nie. Die klub benodig ook items soos waterbottels.

“Ons wil sport bevorder; alles wat sal help om kinders uit die strate uit te hou.”

Indien jy kan help, kontak de Vos by 081 524 6950.

Die Advertiser wag nog vir kommentaar van die metro.

Also Read: Bunny, Bokkie park rabbits so far clear of deadly virus metro says

Also Read: Bokkie Park bunnies so far unaffected by deadly virus

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button