Local news

Kerspartytjie bring vreugde

Die partytjie was ‘n reuse sukses.

Glimlaggies oral. Dit nadat Bethlehem Huis van Brood, gesorg het dat ongeveer 600 kinders se feestyd  op ‘n vrolike noot afgeskop het danksy hul jaarlikse Kersfunksie wat onlangs te Van Dyk Park Winkelsentrum gehou is.

Baie ouers is nie in staat om vir hulle kinders Kersgeskenke te koop en Kersfees spesiaal te maak nie, en daarom het die organisasie besluit om hierdie inisiatief aan te pak.

Tydens die partytjie het die kinders smullekker disse geniet en daar was ook aktiwiteite soos gesigverf, waterbalonne, speletjies,  ‘n poppespel en veel meer.

‘Kersvader’ het ook kom gesigwys wat dit nog meer spesiaal gemaak het.

Ansa Mostert, bestuurder van Bethlehem Huis, beskou die dag as ‘n sukses en bedank almal wat daartoe bygedra het.

“Ek wil graag dankie sê aan borge Chery South Africa (Carnival,

Kempton Park, Northcliff, Sandton en Midrand), A’s Cafe, JMC Slaghuis, Vandykpark Hardeware en Apteek,

Consulment, Devoted Street Ministry en Party Animals Jumping Castles. Sonder hulle sou dit nie moontlik gewees het nie,” het Mostert gesê.

Lees Ook: Bethlehem Huis van Brood se Kerspartytjie ‘n reuse sukses

Lees Ook: Inspan se saamtrek ‘n sukses

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Tayla Smith

Tayla writes general news for the Boksburg Advertiser. She joined the publication in 2019 as a junior journalist and was promoted to senior journalist in 2022.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button