Local news

Kom geniet Geloftediens te Klipkerk

Kom gee uitvoering aan die Gelofte deur dié diens by te woon.

Reeds etlike dekades is dit die gebruik in Boksburg om op 16 Desember ’n Geloftediens te hou, wat belangstellende lidmate van al die kerke in en om Boksburg welkom is om by te woon.

Die leraars van die verskillende Afrikaanse kerke om die beurt kry die geleentheid om die jaarlikse Geloftediens waar te neem.

Volgens Alta Prinsloo is goeie samewerking in hierdie verband nog altyd verkry en die ondersteuning van hierdie geleenthede deur die verskillende kerke se lidmate is verblydend en die opkoms besonders goed.

“In die vroeë 1960s is daar met die aanbieding van die Geloftedienste afgeskop deur dit vroegoggend by die Prince George Park sportterrein aan te bied,” het Prinsloo vertel.

Vanaf 2001, toe die terrein nie meer vir hierdie doel beskikbaar was nie, is die verrigtinge in die skoolsaal van Hoërskool Dr EG Jansen voortgesit.

Vanaf 2004 word die Geloftediens jaarliks by die geskiedkundige NG Kerk Moedergemeente (Klipkerk) in Voortrekkerstraat aangebied.

Vanjaar word die Geloftediens om 09:00 weer by dié kerk gehou, gelei deur dominee Neels van Tonder van Pretoria. Sy preektema is ‘Wat het jy in jou hand?’.
Daar sal vooraf hartlik saamgesing word, wat reeds om 08:40 begin.

’n Kollekte sal na afloop van die erediens opgeneem word vir die Klipkerk Bewaringsfonds. ‘n Skenking aan die motorwagte sal ook welkom wees.
Lede van die gemeenskap is ook welkom om na die diens die mark oorkant die park te ondersteun.

Vir meer besonderhede skakel Prinsloo by 082 612 0844.

Lees Ook: Kom woon Geloftediens by

Lees Ook: Geloftediens weer in Boksurg op Versoeningsdag gehou

   

Related Articles

Back to top button