Local news

Wen kaartjies na vertoning

Drie lesers kan elkeen ‘n dubbelkaartjie wen na My Vrou se Man se Vrou in die Theatre of Marcellus by Emperors Palace op 29 Augustus om 20:00. Om deel te neem aan Boksburg Advertiser/Benoni City Times en Lefra se kompetisie, kan jy die volgende na 37338 SMS: WEN VROU BOKSBURG ADVERTISER/BENONI CITY TIMES, dan JOU …

Drie lesers kan elkeen ‘n dubbelkaartjie wen na My Vrou se Man se Vrou in die Theatre of Marcellus by Emperors Palace op 29 Augustus om 20:00.

Om deel te neem aan Boksburg Advertiser/Benoni City Times en Lefra se kompetisie, kan jy die volgende na 37338 SMS: WEN VROU BOKSBURG ADVERTISER/BENONI CITY TIMES, dan JOU NAAM EN VAN en dan JOU STAD OF DORP. Dieselfde inligting kan ook per e-pos aan wen@lefra.com met LEFRA & BOKSBURG ADVERTISER/BENONI CITY TIMES VROU KOMPETISIE as onderwerp, gestuur word.

Wenners sal telefonies gekontak word en die beslissing van die redakteur is finaal.

In dié produksie draai die skreeusnaakse intrige om John Smith, ’n taxibestuurder wat in ’n web van chaos verstrengel raak wanneer sy twee wêrelde bots.

John het twee vrouens, nie skelmpies nie, nee! Hy is met albei wettiglik getroud! Die oorspronklike produksie, Run for your Wife, hou die rekord vir die langslopende klug op Londen se Wes-Einde teaters en het ook rekords in Suid-Afrika oortref.

Besprekings kan aanlyn by LTickets.co.za gedoen word. Skakel Monica Booysen by 011 815 3000 of stuur ‘n e-pos aan info@lefra.com.

Die produksie word ook as fondsinsamelingsprojek aangebied vir skole, kerke en diensorganisasies. Kry meer inligting by Monia of besoek www.myvrou.co.za.
My vrou se Man se Vrou word met die trotse ondersteuning van BluBlood, Crown National, die trotse tuiste van Six Gun Grill, Hollywood Costumes, Van Loveren Wyne, Britz Couriers and Removals, Ambassador Execudrive en Lift aangebied.

Also Read: What’s On

Also Read: Fraudster fugitive case postponed again

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button