ATKV help behoeftige leerders met hul sop-in-‘n-bottel projek

Die tak het self die bestanddele verpak van die maaltyd wat vier mense kan voed.

Die ATKV Boksburg-gesinstak het onlangs uitgereik na leerders by Hoërskool Oosterlig en Benoni Junior School deur behoefige leerders van dié skole met een-gereg maaltydpakkette, as deel van hul sop-in-‘n-bottel projek, te voorsien.

Oosterlig het 40 bottels met bestanddele ontvang (vier bottels vir 10 leerders) en Benoni Junior 72 bottels (vier bottels vir 18 leerders).

Die ontvanger moet slegs die bestanddele in kookwater plaas en `n paar minute later is `n gereg vir vier persone gereed.

Oosterlig bedank die tak vir hul skenking wat gaan help om hul behoeftige gesinne te voed.
Volgens die tak se sekretaresse, Elsabe Kleyn, is dit ‘n groot voorreg om in die gemeenskap te kan help waar behoeftes is.

Indien enigiemand by die ATKV se gesinstak betrokke wil raak, kontak Elsabe by 083 307 4398 besoek https://www.facebook.com/atkv.boksburggesin

Also Read: Boksburg North CPF roll up sleeves for SANBS

Also Read: Boksburg North CPF needs donations to help the needy

   

Exit mobile version