Ondersteun die VLU se omgeeprojek

Die items sal geskenk word aan organisasies verwant aan SAVF.

Die Vroue Landbou-Unie (VLU) Boksburg-tak doen ‘n beroep op die gemeenskap en besighede om betrokke te raak by hul omgeeprojek.

Die tak voorsitter, Marinda Janse van Rensburg verduidelik die VLU takke in die hele Goudrand-streek haak jaarliks met groot oorgawe, artikels bymekaar wat aan die SAVF geskenk word teen einde Augustus.

Hierdie jaar samel die tak plakkies/sloffies, badhandoeke en deodorant in vir die kinders van verskeie kinderhuise. Die kinders se ouderdomme wissel van twee tot 18 jaar.

Volgens Marinda sal die tak die publiek se ondersteuning vir hierdie projek waardeer.

Verder het die tak julle Julie maandvergadering by Mac Fresh Deli and Berry Farm in Benoni geniet.

Die VLU bestaan al vir meer as 90 jaar en is ‘n nie-winsgewende organisasie wat die volwasse vrou verryk en bemagtig.

Vir meer inligting oor die projek of om betrokke te raak by die Boksburg-tak, kontak Marinda by 072 120 7086.

Also Read: Rotary bestows Paul Harris on four recipients

Also Read: Rotary helps little ones at Urban Ruins

   

Exit mobile version