Local news

Susan Badenhorst Voortrekkers soek nuwe lede

Susan Badenhorst Voortrekker Kommando is op 22 Januarie 1980 gestig.

Die Susan Badenhorst Voortrekker Kommando nooi leerders uit om betrokke te raak by die kommando.
Susan Badenhorst Voortrekker Kommando, gestig op 22 Januarie 1980, is ‘n dinamiese jeugbeweging wat steeds groei.

“Ons is ‘n beweging wat die norme van goeie Afrikanerskap, goeie burgerskap en Christenskap uitleef. Ons gee geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakter bou en pret. Die ouers kan ook betrokke raak,” het kommandoleier Gerhard Marais gesê.

Die kommando kom elke Maandagmiddag tussen 17:15 en 18:15 te NG Kerk Witfield, Lowther Straat 65, bymekaar.

Vir meer inligting, stuur ‘n Whatsapp boodskap aan die kommando by 083 293 1107.

LEES OOK: Susan Bandenhorst Voortrekkers skenk aan Bybelgenootskap

Verkenners bly betrokke

Donovan Marais (18), hoofseun by Sion Privaat Akademie se Afrikaanse deel, het sy Penkop loopbaan by Susan Badenhorst Kommando in 2012 begin en vandag is hy ‘n Staatmaker wat help met fondsinsamelingsprojekte.

Die Witfield-inwoner het vinnig aangepas by die kommando en sy selfstandige en onbaatsugtige deelname en bydraes het daartoe gelei dat hy die posisie van Spanleier 2016 verower het.

Volgens Gerhard is Donovan is ‘n Verkenner seun wat homself op talle vlakke bewys het as ‘n verantwoordelike, beginselvaste en selfstandige Voortrekker.

“Donovan is ‘n gebalanseerde en georganiseerde Voortrekker wat die vermoë het om groepsdruk te hanteer. Sy hoogtepunte sluit in verskeie aktiwiteite, kampe, GGA / GGN, gebiedskampe en spesialisasies wat hy bygewoon het.

Donovan was getaak deur die kommando se dagbestuur om as Verkenner ‘n verskil in die gemeenskap te maak.

Verlede jaar her hy het besluit om die hele Kommando in te span om weekliks geld in te samel wat dan oorhandig was aan die ‘RED ‘n Renoster is vet pret’- projek. Hy het ook twee jaar in ‘n ry geld in gesamel met die hulp van almal in die kommando wat dan oorhandig was aan die Bybelgenootskap.

Donovan was ook verkeis as die Kommandojeugleier vir 2022 en in sy Bobaas Verkenner toekenning ontvang.

LEES OOK: Baie pret vir Baanbreker Voortrekkers

   

Related Articles

Back to top button