Plaaslike polisieman skiet teikens raak

Diedericks het wel die finansiële ondersteuning van borge nodig.

Voormalige Boksburg-Noord SAPD-lid Sersant Gerhard Diedericks van Morganridge het onlangs tydens die 2023 Natal Championship in Ladysmith weer op die skietbaan beïndruk.

Diedericks, wat nou aan die Gauteng Highway Patrol eenheid verbonde is, het ‘n goud verwerf in die 300m ‘rapid’, brons in die 200m ‘snap’ en silver met die interprovinsiale B-span vir Gauteng-Suid.

Dié bekwame polisieman het verduidelik enige lid van die SAPD, SANDF en PCRA (publiek) was welkom om aan die kompetisie deel te neem.

Diedericks het hard gewerk om voor te berei vir die kompetisie en het verduidelik dit was ‘n interessante baan.

“Dit was ook ‘n moeilike baan met lekker uitdagings. Die afstand was in ‘yards’ afgemerk en nie meters nie. Verder was dit ook winderig, wat ons vaardighede beproef het,” het hy bygevoeg.

Skuts is nou besig om voor te berei vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat in Augustus in Bloemfontein plaasvind.

Hy beplan om baie meer te oefen om beter te presteer in hierdie kompetisies.

Diedericks het wel die finansiële ondersteuning van borge nodig om sy droom te bewaarheid om aan die SAs deel te neem.

Hy het grootgeword die suide van Johannesburg en het by die polisie aangesluit omdat hy die gemeenskap wil dien en beskerm.

Indien jy Diedericks kan borg, kontak hom by 081 028 9024.

Lees Ook: Boksburg North SAPS boasts new sector managers

Lees Ook: Plaaslike polisieman blink uit by ‘rifle combat’ kompetisie

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version