Local news

Baie pret vir Baanbreker Voortrekkers

Die kommando gee die geleentheid vir spangees, kultuur, karakterbou en pret.

Die Baanbreker Voortrekker Kommando het aan verskeie aktiwiteite hierdie jaar deelgeneem.

Mibern Medi-Call EMS het die plaaslike kommando op 17 April besoek tydens ‘n kommandobyeenkoms by Laerskool Baanbreker. Hulle het die kinders ingelig oor wat om te doen tydens ‘n noodgeval.

Leerders het ook die geleentheid gehad om te gaan kyk watter toerusting binne die ambulans is.

Verder het die kommando op 5 Mei hul jaarlikse inlywingseremonie ook by die skool gehou. Twee offisiere, 15 Penkoppe en Drawwertjies is ingelyf. Hulle het ook nege Graad Agt-lede ingelyf.

 

Die kommando het ‘n hemelvaartdiens op 18 Mei by die NG Gemeenskapskerk in Sunward Park bygewoon. Lede van die kommando het ingestap met flitse om te wys hul liggie skyn nog helder vir Jesus.

Die Voortrekkers is ’n kultuurbeweging wat in besonder die jeug toerus om as moderne Afrikaners, positiewe burgers en konsekwente Christene hulle roeping deur diensbaarheid uit te leef.

Die Baanbreker Voortrekkers kom elke Maandag van 16:00 tot 17:00 by Laerskool Baanbreker bymekaar.

Vir meer inligting, skakel die kommandoleier, Louise Botha, by 074 911 1225.

Lees Ook: Baanbreker Voortrekkers presteer

Lees Ook: Baanbreker spog met leiers

   

Related Articles

 
Back to top button