Plaaslike skaakwonder steeds aan die wen

Devon het gekwalifiseer om sy land in verskeie toernooie te verteenwoordig.

Hoërskool Dr EG Jansen se skaakwonder Devon Smit het weer die regte skuiwe gemaak om ‘n goeie seisoen te beklink.

Devon het deelgeneem aan die Online South African Closed Championships vanaf 16 Februarie tot 25 Maart.

In die o18-afdeling wen hy die toernooi en die titel as South African U18 Rapid Champion. Hy kwalifiseer om Suid-Afrika vanaf 5 tot 12 Junie in Batumi, Georgia te verteenwoordig. Hy kon weens eksamens nie aan die toernooi deelneem nie.

Verder het hy vanaf 31 Maart tot 4 April deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Geslote Kampioenskappe in Sandton City. Hy wen die toernooi en is die nuwe o18 Suid-Afrikaanse kampioen.

Hy kwalifiseer om SA aan verskeie toernooie soos World Youth Championship, African Youth en Common Wealth.

In 2023 is sy doelwit om matriek te slaag waarna hy by die Universiteit van Pretoria wil studeer, waar hy ook hoop om sy stempel af te druk. Hy beplan om ‘n aktuaris te word en is reeds aanvaar.

Also Read: Boksburg SAPS gets a ‘Breathe room’ to improve staff wellbeing

Also Read: Boksburg North police officers back in court next month

   

Exit mobile version