Local news

Christiaan vermaak jou dag

Met sy skerp sin vir humor, kan mens nie help om te lag as mens na sy video's kyk nie.

In die hof is hy ernstig, maar sodra hy sy hofjas uittrek sal hierdie prokureur beslis jou dag vermaak.

Christiaan Botes van Boksburg, beter bekend as Vermaak My Dag, spog met oor die 25 000 volgelinge op TikTok.

Wat is die storie agter jou naam (handle), Vermaak My Dag?
Ek is ‘n firm believer dat daar krag in ‘n naam is. Ek glo vas dat ‘n naam moet doen wat dit sê, en sê wat dit doen. Ek is daar om mense se dag te vermaak.

Wat is jou gunsteling TikTok uitdaging?
Om die waarheid te sê doen nie regtig challenges nie, want ek bring nie werk huis toe nie. Ek het wel ’n hutsmerk, trender bender. Ek kyk na al die challenges, maar doen die teenoorgestelde. Ek doen nie regtig dansies nie, tensy dit vermaaklik is. Ek het wel die rap challenge gedoen wat ek geniet het.

Waar kry jy jou inspirasie vandaan?
Dit is bloot vir die feit om mense se dag te vermaak en dit beter te maak. ‘n Lag ‘n dag vermaak my dag. Ek het daagliks met mense te doen wat uitdagings het en vind dat daardie lag maak hul dag vir blywende oomblik beter. Ek dink met alles wat in die land aangaan is dit belangrik om mense te laat lag.
My inspirasie kom van ‘n plek af waar ek self ook al uitdagings gehad wat ek moes oorkom en dinge wat ek moes doen want ek is werksaam in ons firma se kriminele departement. Ek doen al ons firma se strafregaangeleenthede onder die leiding van my senior. Mense het ‘n lag nodig. Dit inspireer my om te sien hoe mense lag. Dit laat mens cope.
Diversiteit is ook vir my belangrik. Mense vra hoe gaan ek ernstig in ‘n hof opgevat word, maar sodra ek die hofjas aan het is dit ‘n teenoorgestelde mens. ‘n Mens is mos nie dieselfde mens by ‘n braai as wat jy in raadsaal is nie.

Hoe gereeld moet jy video’s maak?
Ek probeer maar voordat ek my das en dit wat daarby pas aantrek so vinnig ‘n video maak en saans. Ek probeer daagliks iets oplaai, of selfs een keer ‘n week.

Hoe het jy gevoel toe jou video vir die eerste keer ‘viral’ gegaan het? Het jy verwag dat jou videos so gewild gaan wees?
Nee, aan die begin het jy maar net die nodige dansies gedoen en nie geweet wat aangaan nie. Jy het maar gekyk wat is daar, wat kort daar en dan die nodige aangevul. Dit het fantasies gevoel toe my video viral gegaan het. Mens voel raakgesien en waardeer. Tot vandag toe humble dit my as ‘n video viral gaan.

Vertel ons meer van Kerneels Vermaak, jou alterego?
Kerneels is stout. Hy het eintlik een oggend onstaan toe ek op ‘n stationary fiets hard getrap het en nêrens gekom het nie. Ek was op ‘n regtreekse uitsending (live) en het gevra wat sal julle dink van ‘n karaktertjie? Kerneels se iets wat ek nie wil sê nie of dalk te bang is om te sê. Hy is deel van die entitled generasie. Ek weet nie hoe oud hy is nie, maar hy doen nou sy Standerd Agt twee keer oor want hy glo daaraan om dinge ordentlik te doen. Mense geniet hom.

Is daar iemand saam met wie jy will ‘collaborate’ in die toekoms?
‘n Handelsmerk wat is Boerboel Wear. Ek sal ook daarvan hou om met Bouwer Bosch of Schalk Bezuidenhout skouers te skuur.

Jy het ‘n veeleisende werk as prokureur. Hoe kry jy dit reg om alles te balanseer?
Orals om jou, op pad hof toe, polisie toe is daar iets wat vermaak bied. Naweke en aande is vir create.
Jy moet ook ‘n aan en af knoppie hê. As jy prokureur dan moet jy voluit prokureur en as jy humor dan humor jy voluit.
Ek is in ‘n beroep waar jy mense help, opbeur en ‘n uitkoms bied. ‘n Lag in daardie omstandigheide kan positiwiteit bied. Dit is moeilik, maar doenbaar.

Watter interessante feite van jouself weet jou aanhangers nie?
Ek hou nie van sop nie. ‘n Mens drink of eet ‘n ding. Dit hou jou dalk warm, maar so doen ‘n kombers of koppie koffie. Ek het ook al aan liggaamsboukompetisies deelgeneem.
Ek is ook nie altyd ‘n nar nie, ek kan ook ernstig wees.

Het jy enige raad aan aspirant-TikTokers?
Wees voluit jouself want êrens is daar iemand wat vir jou spesifieke grappie gaan lag. Moet ook nie aan negatiewe kommentaar aandag gee nie.

Is daar iets wat jy wil byvoeg wat jy voel belangrik is?
Ek wil afsluit met my hutsmerk, hou vir jou plat. Maak nie saak wie jy is nie, hou vir jou plat. Die lewe is te kort. Mense hou van nederige mense. Wees true to yourself en hê respek vir ander. Laat mense lag.

Die mooiste ding vir my is om my vrou, Izelle Botes, te sien en hoor lag. ‘n Spesiale dank gaan aan haar uit.  Sonder haar is die vermaak en gelag nie moontlik nie. Sy is my ‘alles waaroor ek mallis’.

Also Read: Boksburg SAPS gets a ‘Breathe room’ to improve staff wellbeing

Also Read: Boksburg North police officers back in court next month

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button