Local news

‘Looselaw’ gereed vir volgende klapgeveg

Dit gaan goed met die plaaslik klapvegter se voorbereiding vir sy volgende klapgeveg.

Johan ‘Looselaw’ van Vuuren van Beyers Park is besig om sy kakebeen te versterk vir sy volgende Dominant Box League klapgeveg wat hy op 4 Maart by Presleys Pretoria gaan uitspook.

Hy gaan kragte meet teen Calvin ‘Cujo’ Tille.

“Hy is ‘n baie goeie opponent. Die man klap 34 op die intensiteitsmeter,” het Van Vuuren verduidelik.

Volgens Van Vuuren gaan dit goed met die voorbereiding vir die geveg.

“Ek glo my opponent gaan my so ernstig opneem soos ek hom opneem.”

Sy boodskap aan Tille is, “Hy moet sy ‘A game’ bring. Ek soek net sy beste, maar hy moet weet ons staan nie vir koekies en tee nie. Ek is daar vir ‘n lekker tyd, nie ‘n lang tyd nie.”

Van Vuuren het benadruk dat daar op die dag nie klapgevegte wat gaan plaasvind nie, maar ook boksgevegte en ’n sterkmankompetisie.

Verder gaan Van Vuuren ook van 19 tot 21 Mei aan die Arnold Classics, onder voormalige EFC-kampioen Danie ‘Pitbull’ van Heerden, se ‘dominant league’ deelneem.

Die klapvegter bedank al sy borge, Engineeric Solutions, Alulatech Engineers, Everlast SA, Globe Core Industries, Citywagen, Boeries Towing, Man Up Rum en Global Airbrake.

Klapgevegte behels dat twee vegters aan weerskante van ‘n podium staan en mekaar om die beurt klap. Die wang is die hoof kontakarea.

Iemand wen as die opponent die handdoek ingooi, nie staande kan bly nie of binne 30 sekondes na die klap nie meer kan voortveg nie. Die wenner kan ook bepaal word deur ‘n beoordelaarsbeslissing of diskwalifisering.

Also Read: Metro attending to mess at Dayan Glen dumpsite

Also Read: Atlasville mini dumpsite an apparent disaster for motorists, waste management

   

Related Articles

Back to top button