Local news

VLU-lede geniet Januarie vergadering

Lede van die publiek word uitgenooi om aan te sluit by die tak.

Die Vroue Landbou-Unie (VLU) Boksburg-tak het ‘n stylvolle maandvergadering te Witfield op 1 Februarie geniet.

Tydens die vergadering het die vroue lief en leed gedeel.

Die konferensie wat op 25 Februarie in Brakpan plaasvind is ook bespreek.

Die VLU bestaan al vir oor die 90 jaar en is ’n nie-winsgewende organisasie wat die volwasse vroue verryk en bemagtig.

Hulle glo in bemagtiging deur vaardighede en kennis met mekaar te deel.

Die Boksburg VLU kom elke eerste Woensdag van die maand om 10:00 bymekaar. Lede van die publiek word uitgenooi om by die tak aan te sluit.

Kontak Hettie Robinson by 066 236 4156.

Lees Ook: Bernina Boksburg bring vreugde aan senior burgers

Lees Ook: Baanbreker Voortrekkers maak harte oop teenoor ouetehuis

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button