Local news

Paartjie vier 70 wonderlike jare

Die paartjie het hulle spesiale dag saam met familie gevier.

Van die dag toe hulle ontmoet het, het Klaas (90) en Tina Coetzer (89) van Atlasville geweet hulle is bedoel vir mekaar.

Dit was liefde met die eerste oogopslag vir die egpaar wat onlangs hulle 70ste huweliksherdenking gevier het.

Klaas en Tina het mekaar in Alberton ontmoet. Tina het van die plaas af gekom om by Germiston College te studeer. Sy het by haar oom gebly en Klaas het langsaan gebly by sy suster. Hulle het toe so ontmoet deur bure te wees.

Die liefde het begin blom en 10 maande nadat hul begin uitgaan, het hulle die knoop deurgehaak in Germiston se hof op 24 Desember 1952.

Die paartjie vertel hoekom hul huwelik suksesvol is: “Ons het altyd ‘gecompromise’ vir mekaar om mekaar tegemoet te kom. Verder was ons nooit afgunstig of onredelik nie.”

Klaas en Tina Coetzer op hul troudag.

Hulle vier kinders, agt kleinkinders en agt agterkleinkinders is vir hul die beste ding wat uit hulle huwelik gekom het.

Klaas het gewerk as voorman terwyl Tina data kontroleerder was. Hul het voor dit op ‘n plaas naby

Bronkhorstspruit geboer. Hulle geniet dit om te kamp en gaan elke jaar al vir 32 jaar Eiland Spa toe in Polokwane en gaan kamp ook vir die lekker weer en vryheid.

Hulle raad aan jong paartjies: “Wees getrou aan mekaar, respekteer mekaar. Geloof, hoop en liefde. Regverdigheid is belangrik.”

Die paartjie het hul spesiale dag saam met hulle kinders gevier.

Also Read: Vyf dekades van liefde vir Van Dyk Park egpaar

Also Read; Plaaslike egpaar vier 55ste huweliksherding

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button