Local news

Skouspelagtige vertoning wag op konsertgangers

Tydens die konsert sal ses sangers optree tesame met ‘n klavier begeleier en ‘n solo pianis.

Liefhebbers van opera- en klasieke musiek kan hulself gereed maak vir ‘n skouspelagtige Opera Gala wat op 3 Desember in die Madeley Concert Hall in Boksburg gaan plaasvind.

Van Suid-Afrika se top opera sangers sal die middag te sien wees.

“Dit is nie aldag dat die Oos-Rand die geleentheid kry om sulke fenomenale kunstenaars op die verhoog te sien nie,” sê Brakpan se eie operaster en organiseerder van die konsert, Andries Aldrich.

Tydens die konsert sal ses sangers optree, tesame met ‘n klavier begeleier en ‘n solo pianis.

Die kunstenaars wat optree sluit in Anina Wasserman (koloratuur sopraan), Linelle Wimbles (koloratuur sopraan), Sonica Rickinson (spinto sopraan), Tracey-Lee Booyens (mezzo sopraan en inwoner van Boksburg), Chris Mostert (tenoor) en Andries Aldrich (bariton).

“Ons word almal op klavier begelei die legendariese begeleidster, Susan Steenkamp-Swanepoel,” vertel Andries.

“Susan het in die verlede van Suid-Afrika se heel grootste opera sangers soos Mimi Coertse, Emma Renzi, Gé Korsten en Rudi Neitz op die klavier begelei.

“Dit is vir ‘n groot eer om saam die legende op te tree.”

Die klasieke pianis, Marius Bierman (oorspronklik van Nigel) gaan ook ‘n item of twee lewer en sal ook die seremoniemeester vir die gala konsert wees.

“Nie een van die kunstenaars gaan terughou vir die spoggeleentheid nie.

“Arias, duette, trios en ‘n quartet uit gróót opera gaan opgevoer word soos byvoorbeeld die bekende Blomme Duet uit Lakmé van Delibes en Immergeilde Lied aan die Maan uit Rusalka van Dvorak en die trio uit Cosi fan Tutte van Mozart, het Andries gesê.

“Dit gee ook vir die gaste die geleentheid om daardie mooi aandrokke en strikdasse uit die kas te haal want hierdie is beslis ‘n geleentheid om op te tof.”

Verversings is by die prys van die kaartjies ingesluit en die konsert sal om 15:00 begin. Gaste kan van vanaf 14:30 arriveer.

Die Madeley Concert Hall is by Madeleystraat 195, Driefontein, Boksburg.

Om kaartjies te bekom skakel 082 417 0529 of 071 141 4938.

Lees Ook: Gerhard Steyn deel boodskap van hoop met Sakevroue

Lees Ook: Rudi Claase se hart en siel in nuutste solo-album

   

Related Articles

Back to top button